Die Dansende Siwa, Hindoe god van Indië, Badami-tempel, Indië
Tydens die 2de eeu v.C. het Hindoeïsme belangriker begin raak in Indië. Gedurende die 6de eeu v.C is reghoekige tempels in die rotsagtige hellings ingekerf. ’n Voorbeeld hiervan is die grot-tempel by Badami. Die fokus is op die altaar aan die agterste muur. Die tempel is opgedra aan Siwa, een van die hoofgoddellikhede van Hindoeïsme, wat uitgebeeld word in ’n kosmiese dans. ’n Verskeidenheid arms word uitgestrek in ’n waaieragtige formasie. Party hande hou simboliese voorwerpe vas terwyl ander voorgeskryfde gebare uitbeeld wat bekend staan as die mudra. Die standbeeld is in hoë relief met die veelvuldige arms wat langs mekaar en bo-op mekaar uitgebeeld word.
Siwa is een van die belangrikste gode in die Hindoe-godsdiens. Hindoes glo dat Siwa die opperste God is. Twee ander belangrike gode, Wisjnoe en Brahma, saam met Siwa, is volgens die Hindoes se geloof hulle drie belangrikste gode.
Siwa dans binne-in ’n sirkel van vlamme. Elke vlam op die sirkel is identies en beeld herhaling binne-in die stuk uit. Hierdie herhalende patrone help ook om harmonie binne-in die stanbeeld te handhaaf. Siwa, as Nataraja, die God van Dans, bevat ook baie detail.