Trek een van jou skoene uit en sit dit op die tafel voor jou neer. Sorg dat jy ’n paar velle A4-papier het. Gebruik ’n potlood en teken die volgende:
BLINDE KONTOERTEKENINGE
Die teken van blinde kontoere is ’n uitstekende manier om jou oog te leer om te teken wat dit werklik sien; in plaas daarvan om te teken wat dit dink dit sien. Hou jou potlood op een plek op jou papier. fokus nou op een plek op die skoen. Beweeg jou oog oor die buitelyn van die skoen, en probeer om jou potlood op die- selfde manier as jou oog te beweeg. Sodra jy die buitelyn voltooi het, begin om jou oog na die skoen se besonderhede te beweeg, soos die veters, voue in die skoen, ens. Probeer om soveel moont- lik besonderhede by te voeg SonDEr om nA DiE pApiEr tE kyk. maak EEn egalige aaneenlopende lyn met jou potlood. Maak ’n paar van hierdie tekeninge. Die eerste kontoertekeninge gaan vreemd lyk. Met meer oefening sal jy egter besef dat jy ’n akkurate beeld op papier kan teken sonder om na jou hand te kyk terwyl jy daarmee teken! Kies jou suksesvolste tekening en plak dit in jou bronboek.
AANGEPASTE KONTOERTEKENINGE
Aangepaste kontoertekeninge is ’n stap verder as ’n blinde kon- toertekening. Jy teken ook terwyl jy na die onderwerp kyk maar jy mag af en toe na jou tekening kyk. As jy na jou tekening kyk, is dit net om te bepaal of jy op die regte plek is en om te sien hoe jy vorder, maar terwyl jy na jou tekening kyk, mag jy nie teken nie. As jy teken wanneer jy na jou kunswerk kyk, maak jy staat op jou geheue of maak jy dinge op om jou skets mee aan te vul. Om naturalisties te teken, is die inligting wat jy nodig het slegs binne jou bereik as jy versigtig na jou onderwerp kyk. Maak ’n paar van hierdie tekeninge. Kies jou suksesvolste tekening en plak dit in jou bronboek.
KONTOERTEKENINGE
Maak ’n finale kontoertekening van die skoen in jou bronboek. Probeer om jou skoen op die papier met lyne te verteenwoordig, en gebruik soveel besonderhede soos moontlik. Onthou om baie versigtig na jou onderwerp te kyk.
“’n Mens pak ’n reis van ’n duisend myl met ’n goeie paar stewels (skoene)