Inheemse Australiërs-simbole is ’n belangrike deel van hulle kuns. Sommige van hulle kuns word in die tabel vertoon en dit is interessant om dit te vergelyk met die simbole van die San in Suid-Afrika. Sirkels is een van die konvensies wat gebruik is en kan baie dinge verteenwoordig, soos sterre, vonke of gebrande grond of die voorvaderlike betrokkenheid by die kuns. Dit is interessant dat daar in moderne tye bevind is dat kunstenaars erken het dat hulle kolle gebruik om die werklike tradisionele betekenis te verbloem omdat oningewyde mense te keer om hulle werk te sien. Beelde word nie as abstrakte werk gesien nie, maar as weergawes van die werklikheid. ’n Sirkus word byvoorbeeld ’n watergat en ’n reguit lyn word ’n graafstok.
Die kunsonderwyser Geoffrey Bardon het in ongeveer 1971 by die Papunya-nedersetting gewerk en die plaaslike Inboorlingkunstenaars aangemoedig om te skilder met akriel op bord en karton. Hierdie skilderye het vinnig toenemend abstrak geword en het bekend geraak as die ‘kolskilderye’. Die ‘kolskilderye’ omsluit simboliese motiewe, soos geboë en golwende lyne, konsentriese sirkels, ens. Hierdie skilderye word vir ’n Westerse kunsmark vervaardig.
CLIFFORD POSSUM TJAPALTJARRI (1932 – 2002) IS EEN VAN DIE BEKENDSTE ‘KOL-SKILDERS’. HY HET SY KENNIS VAN HEILIGE LANDE AS ONDERWERP GEBRUIK.
CLIFFORD POSSUM TJAPALTJARRI, MAN’S LOVE STORY, 1978.