Sandskilderye verteenwoordig die proses van droomtyd. Dit bou voort op die konsep van die skepping van die primordiale proses van die voorvaders wat lewe in die aarde in gedroom het. Konsentriese sirkels word gebruik om ’n manier te bied vir die voorvaderfiguur om te verskyn. Rooi en geel sand is ’n aanduiding van die geestelike energie wat vanuit die grond uit styg. Dit maak deel uit van ’n inisiasieseremonie. Die ingewydes lê met hulle ore op die grond terwyl die sjamaan of ouderling op die grond slaan om mense en geeste te verbind.
Die Amerikaanse Indiane, die Najavos, het ook sandskilderye gebruik en hulle kosmologieë het baie in gemeen met die van die Australiese Inboorlinge. Hulle het ook hulle beelde gebruik as elemente wat in mitologiese ruimte bestaan. Navajo-sandskilderye is dikwels deel van ’n genesingsproses wat bekend staan as seënmaniere of heilige maniere. Liedjies en danse is uitgevoer gedurende die sandskilderproses. Die seremonie begin gewoonlik as dit skemer is en die persoon wat genees moet word, word in die middel geplaas. Die sand word gekleur met natuurlike materiale wat versamel word by heilige terreine. Na die seremonie word die sand vir genesingsdoeleindes op die mense gevryf. ’n Kenmerk van sandskilder is dat die natuurlike materiale terugkeer na die natuur toe.