Afrika as ’n kontinent verteenwoordig party van die vroegste uidrukkings van estetiese merk- en voorwerpskeppings. Om die ontwikkeling van “kuns” deur die vroeë eeue van die mensdom te verstaan, moet ons verstaan wat Prehistoriese tye beteken.
OM DIE BEELDE EN ARTIFAKTE VAN MENSE TE VERSTAAN VOOR DAAR GESKREWE AANTEKE- NINGE WAS, MOET ONS DIE KENNERS RAADPLEEG:
ANRTROPOLOË
bestudeer die groepe, kulture en gedrag van mense. Hulle moet skilderye, graverings, gereedskap en ander voorwerpe wat in spesifieke omgewings gevind word ontleed om die manier van lewe van Prehistoriese mense te verstaan.
ARGEOLOË
ondersoek die aardkors. Party van hulle grawe geraamtes, gereedskap, murasies van geboue en ander voorwerpe op om die geskiedenis van ’n plek te bepaal.
WOORDELYS
’n ARTEFAK is ’n voorwerp wat vervaardig of gevorm is deur ’n menslike ambag, spesifiek deur ’n instrument, wapen of ornament van argeologiese of historiese belang.
WANNEER BEELDE OF VOORWERPE GEVIND WORD, SAL KUNDIGES PROBEER BEPAAL HOE OUD DIT IS DEUR VERSKILLENDE METODES TE GEBRUIK:
RADIOKOOLSTOFDATERING
Alle lewende organismes absorbeer totdat hulle doodgaan ’n vorm van radioaktiewe koolstof wat koolstof 14 genoem word. Tot en met hulle dood begin hulle koolstof 14 teen ’n eweredige pas verloor soos dit disintegreer tot stikstof 14. Deur die hoeveelheid koolstof 14 te meet wat agtergelaat word in ’n proefporsie van die voorwerp kan die ouderdom ongeveer vasgestel word.
STRATIGRAFIE
Ou voorwerpe word in lae van die aarde begrawe. Elke laag kan gedateer word deur die voorbeelde wat daarin gevind word.
VISUELE KUNSTE 2011 PALEOGRAFIE
Analise van style en soorte skrif wat op voorwerpe gevind word.
TIPOLOGIE ’n Ontdekte voorwerp wat vergelyk word met ’n ander een waarvan die datum reeds bekend is.
DR. C. HENSILWOOD DOEN OPGRAWINGS IN BLOMBOS-GROT, SUIDELIKE KAAP
PREHISTORIES verwys na ’n tyd in die ontwikkeling van die mens voor daar ’n geskrewe taal was.