DiE tEmA wAt Vir HiErDiE ViEr wErkE GEkiES iS, iS SoSiAlE kommEntAAr – DiE kunStEnAAr HEt iEtS tE Sê oor DiE SAmElEwinG.
BESprEEk DiE VolGEnDE in DiE klAS En mAAk AAntEkEninGE:
• Skryf die mates van hierdie skildery neer. Is dit groot of klein? Hoe voel jy as jy voor hierdie werk staan?
• Beskryf kortliks die toneel in hierdie skildery. • Beskryf die kleure wat in hierdie werk gebruik is. • is die kleur wat gebruik is naturalisties of ekspressief om die stemming of emosie te versterk? Word kontras tussen die kleure geskep deur warm of koud, komplementêre kleure, helder, dof, donker of lig te gebruik en waarom?
• Beskryf enige lyne wat jy in die werk sien. • Bespreek die aanwending van die verf. is dit ingemengde, plat of duidelike kwashale? Hoe help die karakter van die verf met die uitbeelding van die skildery?
• komposisie beteken hoe die mense, bome en/of ander elemente gerangskik is binne die ruimte of formaat van ’n skildery. neem ’n pen en merk die hoofvorms in die werk.
• wat is die hoof-fokuspunt van die skildery en hoe word dit geskep?
• is die skildery vol van naby, of kloustrofobies, of is daar oop ruimtes?
• is daar ’n gevoel van balans en/of ritme in die werk en hoe word dit bereik?
• Hoe figure gerangskik word – is hulle naby aan mekaar in groepe geskilder of afsonderlik? Hoe dra dit by tot die betekenis van die werk?
• is daar diepte in die werk? Hoe word dit bereik?