(1953 - ) verken die posisie van vroue in haar werk. Melancholia beeld ’n groot binnehuise ruimte uit (gebaseer op foto’s van die Johannesburgse Stadssaal) wat versier is met beelde en wat tafels bevat wat volgelaai is met ’n mengsel van ’n verskeidenheid soorte kos en voorwerpe, soos koeke, vrugte, ’n opgestopte aap, kerse, proteas, skulpe, ens. Die voorgrond oorvloei en dit loop uit op eindelose ruimte in die agtergrond. Melancholia sluit voorwerpe soos spieëls, parfuumbottels en ander artikels in wat met vroue deur die eeue geassosieer word. Byna al die voorwerpe het ’n allegoriese betekenis wat vra om deur die kyker ontsyfer te word, soos die uurglas wat die verbygaande tyd simboliseer, die verjaardagkoek wat die oudwordproses simboliseer, ens.
Amper elke voorwerp lewer ook direk of indirek simboliese kommentaar op seksualiteit – die vrou wat geboorte skenk, die ryp vrugte, die lelies, ens. een van Michelangelo se slawe aan die regterkant kom in hierdie werk voor en word ’n voorwerp wat ondersoek moet word. Hierdie werk herroep die Hollandse stillewes van die 17de eeu met die simbolisering en buitensporige detail. Baie voorwerpe is in ’n beeldhoukundige werk opgebou met verf. Hierdie voorwerpe is so dik geverf dat hulle skaduwees gooi. Siopis gebruik warm kleure om die oorrypheid en agteruitgang uit te beeld. Hierdie swaar impasto-voorgrond konstrasteer met die platter, gestippelde agtergrond. Die swaar gordyne beklemtoon die teatraliteit en die verhoogagtige effek. Dit is ’n kunsmatige interieur waar alles kunstig gerangskik is, met sy eie plek en betekenis. Daglig verskyn glad nie in die toneel nie.
In die spieël aan die regterkant is ’n selfportret van Siopis. Sy is ’n ooggetuie wat na die oorvloed kyk en is nie ’n deelnemer nie. Melancholia is tydens apartheid Suid-Afrika gemaak en skep ’n gevoel van ongemak in die kyker met al hierdie oorvloed en niemand wat die fees bywoon nie. Dit lewer subtiel kommentaar op die oorvloed wat diegene in magsposisies het.
VISUELE KUNSTE 2011
PENELOPE SIOPIS, MELANCHOLIA, 1986. OLIE OP DOEK(197,5 X 175,5 CM)