IFE: Die Ife-beskawing het in dieselfde noordwestelike gebied van Afrika ontwikkel, van ongeveer die 7de eeu n.C. tot die 11de eeu n.C. Daardie tydperk was deel van die Middeleeue in Europa.
BENIN: Die Benin-beskawing het in dieselfde omgewing vanaf ongeveer die 11de eeu n.C. tot die 16de eeu n.C. ontwikkel, dieselfde tyd as die Renaissance in Europa.
NOK IFE
BENIN
SENTRAAL AFRIKA
GROOT ZIMBABWE LYDENBURG
SUIDELIKE AFRIKA: Die datering van die Lydenburg-koppe in Suid-Afrika (wat later bespreek word), dui aan dat daar ’n beskawing in daardie gebied gedurende die 6de eeu n.C. was.
MAPUNGUBWE: Die bewyse by die terrein dui aan dat ’n suksesvolle gemeenskap daar bestaan het tussen 1200 n.C. en 1300 n.C.
ZIMBABWE: In Suidelike Afrika het ’n beskawing ook naby Zimbabwe ontwikkel vanaf ongeveer die 11de tot die 16de eeu.
DRK
SENTRAAL-AFRIKA: Beskawings het ook rondom die Kongorivier in Sentraal-Afrika onwikkel, maar ons het nie spesifieke datums oor hierdie beskawings nie. Soos antropologiese navorsing voortgaan, sal meer besonderhede bekend word.
Nok-kop, 5de eeu v.C./VHJ (Voor die Huid- ige Jaartelling) Die vroegste Nigeriese beeld- houwerk wat ontdek is, is afomstig uit die Nokkultuur en is vernoem na die nabygeleë dorpie waar dit gevind is. Daar word gereken dat die terracotta-kop (gebakte klei) deel is van ’n hele figuur. Dit is naby ’n graf en ’n altaar gevind en is dalk gemaak om voorvad- ers te vereer. Die kop is gestileer (tot basiese vorms vereenvoudig). Dit kan gesien word in die ronde holtes vir oë binne-in ’n eenvoudige driehoek. Die buitensporige krulle van die haarstyl identifiseer waarskynlik die stam. Die gaatjies in die neusvleuels en die mond is as ventilasie gebruik tydens bakwerk (die bak van die kleivorm in ’n aard-oond).