oor die algemeen het noordelike europa, met die uitsondering van Ierland en dele van Brittanje, Protestants geword. Suidelike europa het katoliek gebly. Hierdie godsdienstige verskille het tot baie oorloë in europa gelei. Baie katolieke keisers en konings in europa het ’n belangrike aandeel in die katolieke kerk se sukses gehad, en daarom is ’n groot hoeveelheid argitekturele ontwerpe, skilderye en beeldhouwerke in opdrag van die koninklike Howe van Spanje, Frankryk en van elders tot stand gebring. Dit is gedoen om die opdraggewers se eie goddellike glorie te verheerlik – wat in die proses hulle politieke posisie versterk het. In vergelyking het Barokkuns in Protestantse gebiede soos Holland baie minder godsdienstige inhoud bevat, en was in plaas daarvan hoofsaaklik ontwerp om aanklank te vind by die toenemende aspirasies en finansiële mag van die handelaar en die middelklas. kunstenaars soos Rembrandt het hulle werke aan gewone mense en aan ander institusies verkoop en het daarvolgens onderwerpe soos portrette en stillewes uitgebeeld.
Die Barok was ook ’n tyd van groot wetenskaplike ontdekkings en ontwikkelinge. Die ontdekkingreise na die Amerikas, Afrika en Asië het nuwe idees en produkte na europa toe gebring. Die ontwikkeling van teater, bv. Shakespeare en opera was ook belangrik.
WOORDELYS
BAROK - Daar word dikwels gesê dat die woord ‘Barok’ afgelei is uit die Portugese woord, ‘barocco’, wat ongelyk en grof beteken en gebruik word om pêrels met ’n verwronge styl te beskryf. kritici van die 19de eeu druk hulle misnoë met die kuns vanuit die periode uit. Hulle het gevoel dat dit ’n afname in orde, simplisiteit en simmetrie was en dat dit ’n kunssoort geskep het van ongestruktureerde, teatrale en groteske vorms. Dit was slegs tydens die laaste eeu dat Barokkuns geherevalueer is en dat ’n mens met oortuiging kan sê dat sommige van die wêreld se grootste kunstenaars afkomstig uit die Barok is.
2 Kenmerke
Barokkuns het in Rome, Italië ontwikkel as ’n reaksie tot die oppervlakkigheid van die Manneristiese Styl en om die gevaar van Protestante teen te staan. Barokkuns is opgedra aan emosie en menslike drama het belangrik geword. om sy propagandistiese rol te vervul, was die katoliek-geïnspireerde Barokkuns geneig om grootskaalse werke van publieke kuns te wees, soos monumentale muurskilderye en reusefresko’s vir die plafonne en grafkelders van paleise en kerke. Dit was om die hoofelemente van katolieke dogma te illustreer, of dit direk in Bybelse werke of indirek in mitologiese of allegoriese komposisies uit te beeld. In sy suiwerste vorm, was Barok net geskep in katolieke lande, dikwels as deel van die versiering van kerke. Protestantse kerke was eenvoudiger en het nie godsdienstige werke gehad nie.