BESprEEk DiE VolGEnDE in DiE klAS En mAAk AAntEkEninGE:
• Hierdie werk is ’n linosnee. watter eienskappe van hierdie medium kan jy in hierdie afdruk sien?
• Hoekom dink jy het Holo besluit om hierdie toneel in ’n linosnee uit te beeld? Gee twee redes vir jou antwoord.
• Beskryf die toneel in hierdie werk. • Beskryf die uitdrukkings op die mense se gesigte. • Bespreek sy gebruik van lyn en vorm in hierdie werk. • noem voorbeelde van tekstuur en patroon in hierdie werk. • watter soort spasie sien jy in hierdie werk? • wat is die fokuspunt van hierdie werk? waarom? • wat is die stemming en atmosfeer van hierdie werk?
“Ek teken vanuit die hart. Ek teken wat ek sien gebeur in die townships. ’n Mens kan gevoel en uitdrukking in ’n kunswerk gebruik”
KONTEKSTUELE FAKTORE
Die 1980s was ’n gewelddadige dekade, veral vir swart gemeenskappe. Daar was ’n groot toename in die protes of weerstand teen die nasionalistiese regering. Die regering het reageer deur die toepassing van die noodtoestand. in 1987 is ongeveer 5 000 mense aangehou as gevolg van die noodtoestand. weerstandskuns was ’n ernstige poging om te probeer om politieke verandering te bewerkstellig. Dit het ook die geassosieerde ongeregtighede teen die samelewing aangespreek. Weerstandkuns het gefokus op die ‘wonde’ in die Suid-Afrikaanse samelewing.
• Dink jy Holo het daarin geslaag om ’n ‘menslike gesig’ aan die geskiedenis van die 1980s te gee? Gee redes vir jou antwoord. • wat sien jy as die betekenis en boodskap van hierdie werk?
1.9
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Visuele Kultuurstudies Gebruik die inligting vanuit jou antwoorde en skryf ’n paragraaf oor hierdie werk.
SYDNEY HOLO, NO LIFE, ONGEDATEER, LINOSNEE OP PAPIER,, 29 X 34 CM.