Die eerste skilderye in die mens se geskiedenis dateer uit die Paleolitiese periode. Party van die beste voorbeelde kom voor in die grotte van Altamira in Spanje en in Lascaux in Frankryk. Hulle is diep binne-in die grotte gemaak en was moeilik toeganklik. Die mees algemene tema in grotskilderye is groot, wilde diere soos bisons, perde, ens. Tekeninge van mense is skaars en gewoonlik skematies in kontras met die meer naturalistiese diere. Daar is ook abstrakte patrone en aſtrekkings van mense se hande.
BISON, ALTAMIRA, C. 15 000 – 12 000 V.C/VHJ
NEOLITIESE ARGITEKTUUR
Die Neolitiese periode is spesifiek bekend vir sy argitektuur in die vorm van monumentele graſte en altare wat gemaak is van groot stone wat as megaliete bekend staan.
VOORBEELDE IS:
Ek is Obelix, menhir
Dolmen bestaan uit ’n groot, plat, horisontale steen wat deur regop stene ondersteun word.
vervaardiger.
Menhir –’n lang, enkelsteen.
’n Leysteen bestaan uit ’n steen met ’n gat in die middel waardeur ’n mens soek vir die volgende gepunte steen om ’n roete te beplan.