’n Portret is ’n artistieke weergawe van ’n persoon, waarin die gesig en uitdrukking die middelpunt vorm. Die bedoeling is om ’n ooreenkoms, persoonlikheid en/of bui van die persoon uit te druk. As die kunstenaar ’n portret van hom/haarself maak, word dit ’n selfportret genoem.
LEONARDO DA VINCI, KOPBEEN, PROPORSIES VAN DIE GESIG; EN TEKENING VAN ’N ENGEL
Leonardo da Vinci het ’n studie van die menslike gesig gemaak – as een van sy vele studiegebiede. Hy het kadawers ondersoek om die anatomie van die geraamte en die spiere te verstaan. In die ouer dae, sou ’n studie van kuns ook die studie van anatomie ingesluit het. ’n Portret is egter nie slegs oor die ooreenkoms van die persoon wat uitgedruk word nie, maar om Leonardo aan te haal: “Skilder die gesig om te wys wat in die gees aangaan”.