As gevolg van die oorheersing van die Gotiese tradisie met sy beperkte muurspasie, was daar nie die tradisie van monumentele muurskilderye in Noordelike Europa, bv. in Vlaandere en in Duitsland nie. Omdat die Gotiese styl nie veel impak op Italië gehad het nie, het die Renaissance daar baie vroeër plaasgevind. Noordelike Europese skilders is onderrig hoe om miniatuurskilderye, manuskripillustrasies en die kleur van houtstandbeelde te skep. Wanneer hierdie skilders opdragte ontvang het om groter skilderye te maak, het hulle dit as vergrote miniature geskilder.
Die ongelooflike detail was kenmerkend van hulle werk – hulle het presies wat hulle gesien het, geskilder. Daar was nie idealisasie soos in Italië nie. Aangesien die waarheid in voorkomste uitgebeeld is, is selfs die lelike en misvormde geskilder. Hulle was dikwels meer besorg oor detail as die algehele komposisie. Hierdie styl van skilder staan bekend as “warts and all”. Klem is geplaas op die uitbeelding van tekstuur, bv. metaal, satyn, ens.
Wie was Jan van Eyck? JAN VAN EYCK, GIOVANNI ARNOLFINI AND HIS WIFE, 1435. OLIE. VISUELE KUNSTE 2011
Jan van Eyck (of Johannes de Eyck) (c. 1395 – 9 Julie, 1441) was ’n Vlaamse skilder wat aktief in Brugge was. Hy word beskou as een van die beste Noordelike Europese skilders van die 15de eeu. Jan van Eyck word dikwels as broer verbind met die skilder en tydsgenoot Hubert van Eyck omdat hulle albei glo van dieselfde dorp, Maaseik, kom. Die Van Eyck-broers was van die vroegste Vroeë Nederlandse skilders wat olieverf vir baie gedetaileerde paneelskilderye gebruik het, en hulle het nuwe en merkwaardige effekte deur die gebruik van glasuur, nat-op-nat en ander tegnieke behaal.