Barok is die naam wat gegee is aan die dinamiese styl wat kuns in die 17de eeu gedomineer het.
Die Barok-periode het sy oorsprong in Rome gehad en sluit skilderkuns en beeldhouwerk sowel as argitektuur in.
Bo AlleS Het BARokkunS DIe goDSDIenStIge SPAnnIng VAn DIe eeu VAn DIe HeRVoRMIng en teenHeRVoRMIng weeRSPIeël.
• Die Hervorming was die europese Christelike hervormings- beweging wat Protenstantisme daargestel het. Dit is gelei deur Martin luther, Johannes kalvyn en ander vroeë Protestante. Protenstantisme het gedraai om die absolute en voldoende mag van die Bybel en op die regverdiging van geloof en het gelei tot die nuwe nasionale Protestante kerke. Die grootste van die nuwe denominasies was die Anglikane (gebaseer in engeland), die lutherane (gebaseer in Duitsland en Skandinawië) en die Hervormde kerke (gebaseer in Duitsland, Switserland, die nederlande en Skotland).
• Die katolieke het reageer met ’n teenhervorming om die Romeinse katolieke kerk te hervorm en sy gesag te herstel.
PROTESTANT’N TIPIESE INTERIEUR VAN ’N PROTESTANTSE KERK WAT NIE VERSIER IS NIE EN OP DIE BYBEL FOKUS OM ’N BOODSKAP OOR TE DRA. KUNSTENAARS IN PROTESTANTSE LANDE HET BEGIN OM MEER NIE-GODSDIENSTIGE ONDERWERPE UIT TE BEELD.
ROOMS KATOLIEKE, ST. PETER, VATIKAANSTAD MET BERNINI SE OORDADIGE BALDACCHINO UIT VERGULDE BRONS