Konseptualiseer: om met ’n idee vorendag te kom Konseptueel: kuns wat idees uitbeeld
Konseptuele vaardighede: die vaardighede om ’n oorspronklike idee of plan te bedink; gevorderde manier van dink rakende analisering, waarneming en interpretering van voorwerpe, mense en situasies
Konteks: die sosiale en geskiedkundige agtergrond. Dit is belangrik om so veel as moontlik van die geskiedkundige agtergrond van kunstenaars en kunswerke te weet sodat ons begrip van die werk verryk kan wees
Kontemporêr (eietyds): gewoonlik gesien as kuns vanaf die 1970’s tot vandag wat toonaangewend en nietradisioneel is
Kontoerlyn: lyn wat die buitelyn van vorms volg; die buitelyn van ’n voorwerp
Kontras (verskeidenheid): plasing van teenoorgestelde kwaliteite van lyn, kleur, tekstuur of vorm saam om kontras en verskeidenheid te skep, byvoorbeeld die hoë kontras en verskille tussen baie ligte en baie donker areas in ’n beeld
Kontrasterende waarde: jukstaposisie (teenoor mekaar gestel) van ligte en donker areas
Kontrastering: teenoorgesteldes wat saam geplaas word – kan verskillende vorms, lyne, teksture, kleure wees; voorwerpe wat baie van mekaar verskil
Koue kleure: (of koel kleure) – kleure soos bloue en groene. Dit lyk of hulle na die agterkant van die skildery verdwyn. Hulle het ’n kalmerende uitwerking op die kyker
Kralewerk: aanbring van krale op ’n 3D- of 2D-oppervlak; kralewerk voeg versiering by ’n oppervlak; die vaardigheid en praktyk van met krale werk
Kreatiewe denke: ’n gevorderde manier van dink; moenie slegs aan die voor die hand liggende dink nie, maar oorweeg ’n verskeidenheid maniere en hoeke vanwaar ’n probleem opgelos kan word
Kreatiewe proses: die stadiums van die kreatiewe kunswerke, byvoorbeeld navorsing, eksperimentering en besinning
Kruisarsering: tekentegniek wat ’n reeks gelaagde lyne behels om waarde op te bou; tegniek wat gebruik word om vorm en volume te toon