Tydens die Middeleeue het Christenskap ’n allesomvattende invloed gehad op alle aspekte van die Europese lewe en kuns. Alhoewel die mens God oor alles geraadpleeg het, was dit dikwels die beoefening van ’n bygelowige geloof sonder ’n ware begrip van Christenskap.
Gedurende die Renaissance het die mens se belang verskuif van die spirituele na menslikheid. Skielik is die wêreld as mooi en interessant beskou. Die mens se liggaam is nie net as boos en verleidelik gesien nie, maar as ’n tempel van God wat volgens Sy beeld geskape is. Hulle het geglo dat mense in staat was om God direk te ondervind en dat hulle ’n persoonlike, emosionele verhouding met hulle geloof moes hê. God het die wêreld gemaak, maar mense kon deel hê in sy glorie deur self skeppers te word. Humanisme beteken om die klem te plaas op wat dit is om ’n mens te wees – die klem op die mens se spirituele en intellektuele vermoëns. Tesame met hierdie skuif in filosofie, was daar ook hernieude belangstelling in klassieke beskawings (Grieks en Romeins). Die mens is as waardig beskou. Humanisme beteken dat mense hulle in alle opsigte kon verbeter – fisiek, moreel, spiritueel en esteties. Humaniste het die brein, skoonheid, mag en die geweldige potensiaal van die mens verheerlik. Die Renaissance met sy humanistiese inslag was nie net ’n nuwe benadering tot kuns nie, maar in alle aspekte van die lewe en het literatuur, filosofie, politiek, wetenskap, godsdiens en ander aspekte van intellektuele navrae beïnvloed. Hierdie nuuskierigheid het gelei tot wetenskaplike navorsing (Copernicus), die Skeepsreise van Ontdekkings van Bartolomeus Dias, Vasco Da Gama and Christopher Columbus. Die totstandkoming van beweegbare drukwerk in die 15de eeu het beteken dat idees maklik versprei kon word, en ’n groter hoeveelheid boeke is vir die algemene publiek geskryf. Behalwe die studie van klassieke Latyns en Grieks, het die Renaissance- skrywers ook begin om toenemend volkstale soos Italiaans te gebruik.
EIENSKAPPE VAN DIE RENAISSANCE IS:
die herontdekking van die klassieke beskawings, die ontwikkeling van die individu, groter vryheid van denke en ’n algemene nuuskierigheid oor die mens en sy wêreld.