Middeleeuse kuns was simboliese werke wat sekere reëls gevolg het. Belangrike heiliges en mense is groter uitgebeeld, terwyl gewone mense klein en onbelangrik was. Modellering is glad nie gedoen nie en dit het gelyk of mense gedryf het teen ’n vlak agtergrond. Dit was dekoratief, gestileer, plat en tweedimensioneel en het nie die wêreld of mense op ’n naturalistiese manier uitgebeeld nie.
Met die kuns van die Renaissance is ’n nuwe fondasie gelê vir Westerse kuns wat op naturalisme gebaseer was. Dit het tot die 19de eeu geduur
EIENSKAPPE VAN RENAISSANCE-KUNS SLUIT DIE VOLGENDE IN:
• Waarneming (persepsie) en kopiëring van die wêreld. Dit was as gevolg van kunstenaars se bestudering van Griekse en Romeinse kuns. Die kuns is naturalisties en ‘soos ’n venster op die wêreld’.
• Een van die belangrikste ontdekkings in die artistieke veld was die gebruik van perspektief (hoofsaaklik liniêre perspektief) deur die argitek, Brunelleschi. Dit het bygedra tot driedimensionele diepte en ruimte in hulle skilderye.
• Sentralisasie of komposisie het dikwels voorgekom: die belangrikste figuur is in die middel geplaas.
• Driehoekige, piramidiese en tondo (ronde) komposisies is verkies. Kunstenaars het probeer om perfekte geometriese vorms op ’n geometriese agtergrond te plaas.
• Die gebruik van klassieke elemente, in die konkrete, bv. pilare en/of temas, soos mitologiese werke wat geskep is om in huise te geniet.
• Uitsonderlike tegniese vermoëns het perfekte naturalisme moontlik gemaak.
• Vorm en lyn was aanvanklik die belangrikste kunselemente. Kleur het slegs later belangrik geword, veral in Venisië. Vorms is geskep deur chiaroscuro – die balans van lig en donker.
• Onderwerpe was gewoonlik godsdienstig, maar ’n toenemende verwêreldliking (sekularisasie) het posgevat, bv portrette.
VISUELE KUNSTE 2011
• Die idee van die universele man was van sleutelbelang vir die Renaissance – om in verskillende gebiede uit te blink, bv. Da Vinci en Michelangelo.
• Kalmte, balans en harmonie.
• Figure het solied voorgekom en het ware emosies uitgedruk om die kyker ’n idee te gee wat die uitgebeelde mense gedink en gevoel het. Werke het dikwels idealiseerde figure uitgebeeld, alhoewel hulle naturalisties was. Kunstenaars het menslike anatomie en meetproporsies bestudeer en was op soek na die ideale menslike vorm.