Islamietiese presisie en vaardigheid in geometrie word bewys in die plasing van die drie koepels van die moskee. Elke koepel is gebou uit agt gekruisde boë wat hoekboë genoem word. Die ander metode wat sferiese driehoeke gebruik, is die in die Hagia Sophia. Deur die strukture van die gebou oop te laat, is die geometriese patrone en liniêre rooster van die raamwerk sigbaar. Hierdie beginsel het bygedra tot die ingewikkelde voorkoms van die argitektuur. In die Hagia Sophia word die ondersteunende strukture teen groot koste verbloem terwyl die Groot Moskee van Kordoba die dekoratiewe geometriese effek ten toon stel.
MOSKEES IS OOR DIE ALGEMEEN GEBOU DEUR DIE KOEPEL OP ’N REGHOEKIGE GEBOU TE PLAAS WAT ONDERSTEUN WORD DEUR HOEKBOË – STEENLINTELS WAT DIAGONAAL OOR HOEKE GEPLAAS WORD OM ’N AANEENLOPENDE BASIS VIR DIE KOEPEL TE VORM.
DIE GROOT MOSKEE VAN DAMASKUS
DIE KOEPEL VAN DIE ROTS – JERUSALEM, ABD AL-MALIK, 691, GEBOU BO ’N ROTS, DIE SAKKRA, BY DIE HOOGSTE PUNT VAN DIE BERG MORIA.
DIE KOEPEL BO DIE MIHRAB BY DIE GROOT MOSKEE VAN KORDOBA STEL DIE INGEWIKKELDE SKOONHEID VAN GEOMETRIESE KRUISVORMS TEN TOON.