Maak ’n lyntekening van ten minste vyf oorvleulende skoene. Die teken van die oorvleueling van die verskillende skoene is om baie uiteenlopende areas in jou komposisie te skep.
Verdeel jou tekening in ses blokke. Jy kan ’n rooster gebruik of dit met die vryhand verdeel om onewe groottes in jou blokke te maak. Gebruik verf (primêre kleur en wit) of enige ander materiaal soos gekleurde potlode of olie-pastelle.
Elke blok moet met ’n verskillende kleurskema benader word. Jy kan plat kleure gebruik, bv. elke blok moet met een kleur ingekleur word en hoef nie geskakeer te word nie.