’n Mens kan sien dat visuele geletterdheid die ‘lees’ van visuele tekste is. Die visuele beeld of kunswerk is die belangrikste aspek van Visuele Kultuurstudies.
1.5
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Skryf die ses kunswerke in chronologiese volgorde neer. Gebruik die regte etikette – naam van kunstenaar, titel, datum en medium.
Skryf langsaan die korrekte voorbeelde die antwoorde op die volgende vrae neer:
• watter een dateer uit die renaissance? • watter een is in die 20ste eeu geskilder? • watter een is die grootste? • watter een is die kleinste? • watter een is abstrak en waarom? • Vir wie dink jy is die skilerye gemaak? • Jou gunsteling en ’n rede vir jou keuse.
FIG. 5A. JAN VERMEER, THE LACE MAKER, C. 1669 – 70. OIL ON PANEEL, 24 X 21 CM.
FIG. 5B. WILLIAM TURNER, THE SLAVE SHIP, 1840. OLIE OP DOEK. 91 X 123 CM.