TEMA: ’N REIS IN DIE NATUUR -Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteite lei.
Jy moet met jou BRONBOEK begin om jou idee te ontwikkel.
• Begin met ’n reis in die natuur. dit kan plaasvind op die skoolgronde, by die huis, in ’n park, op ’n plaas, op die strand of waar jy bly. Beskou dit as ’n ‘aasvreterjagtog’ (scavenger hunt) in die natuur. Versamel akkers, gedroogde blare, stokkies, gedroogde saaddoppe, bas van bome wat omgeval het, vere, ens. Maak seker dat jy nie die natuur op enige manier skade aandoen nie. Maak klein tekeninge of neem foto’s. Jy kan ook notas maak oor die geluide, reuke, teksture, ens.
• dokumenteer jou reis in jou bronboek deur woorde, tekeninge, foto’s, ens. te gebruik. Maak seker dat jy ’n interessante visuele reis skep.
• doen navorsing oor kunstenaars wat die natuur as onderwerp, of selfs as ’n medium, gebruik het.
ANSELM KIEFER, MARCH SAND V, 1977 DIE WERK BESTAAN UIT 25 DUBBELBLAD FOTOGRAFIESE BEELDE MET SAND, OLIE EN GOM,
WAT OP KARTON GEMONTEER EN GEBIND IS. SAND WORD BY DIE LANDSKAPFOTO’S GEVOEG. AAN DIE BEGIN HERHAAL DIT DIE KOMPOSISIE; MAAR DAARNA, OP DAAROPVOLGENDE BLADSYE, KOM DIE SAND IN TOENEMENDE HOEVEELHEDE VOOR, TOTDAT DIT DIE FOTO’S HEELTEMAL BEDEK.