Die gebruik van borduurwerk, kralewerk en appliek is nog ’n aspek wat ’n kwessie aanspreek om ’n gemarginaliseerde tegniek wat geassosieer word met kunsvlyt te gebruik om ’n kunswerk te skep. Die tradisionele grens tussen kuns en kunsvlyt is oorgesteek. Die onderwerp van die kunswerke het te doen met kontemporêre kwessies wat die vrouens wat aan hierdie groep deelneem, en ook die res van Suid-Afrika, moet hanteer.
’N VLAKBY BLIK VAN TWEE TONELE VAN
DIE PANEEL WAT DIE GEBEURTENIS IN MEI 1856 UITBEELD TOE DIE JONG PROFETES
NONGQAWUSE DIE XHOSA-MENSE BEVEEL HET OM HULLE BEESTE DOOD TE MAAK EN HULLE LAND TE VERLAAT. DIT SOU DIE WIT MENSE IN DIE SEE INDRYF EN DIE VOORVADERS SOU DIE LEWENDE MENSE BESOEK. DIE UITKOMS VAN HAAR PROFESIE WAS VERSKRIKLIK VIR DIE XHOSA-NASIE.
Die historiese Bayeux-tapisserie het direk een van die vrouens se werke geïnspireer. Die idee om ’n liniêre storie op materiaal deur borduurwerk te vertel, is van die Franse kunswerke geleen. Die Suid-Afrikaanse kunswerk is 126 meter lank en bestaan uit panele wat die geskiedenis van die Keiskamma-gebied verteenwoordig. Die gebruik van dieselfde Bayeux-borduurwerk se steelstikwerk in die buitelyne en vulling is gekombineer met die vrouens se eie kennis van stik- en kraletegnieke. Hulle het besluit om meer kleure te gebruik as die sewe skakerings van die oorspronklike Bayeux- tapisserie. In die Suid-Afrikaanse werk, is handgekleurde wol van die Suidsee bokhaar gebruik in terracotta op ’n basis van bruin goiing.
NA ’N NEDERSLAG IN 1879, IS DIE XHOSA- MENSE NOORDWAARTS GEDRYF, VERBY DIE KEIRIVIER – HULLE MOES DAARHEEN REIS MET AL HULLE BESITTINGS EN HET BAIE VERLIESE GELY, INSLUITEND DIE DOOD VAN PARTY VAN HULLE KINDERS.
Aanvanklik word die storie met die hand op panele van die materiaal geteken. Groepe vrouens borduur dit dan. Die styl van die tekeninge is vereenvoudig en naïef en het ’n sterk ekspressiewe kwaliteit in die direkte en eerlike uitbeelding van mense en diere. In teenstelling met die Bayeux-tapisserie word meer aandag gegee aan die verteenwoordiging van die landskap deur heuwels, bome, lower en huise in te sluit. Die dekoratiewe stroke aan die bo- en onderkante word op ’n soortgelyke wyse ingesluit in die Bayeux- tapisserie.