Abstrak: kuns wat nie herkenbare tonele of voorwerpe uitbeeld nie. Vorms, lyne, kleure, ens. bestaan sonder enige verband met die realiteit, maar met estetiese waarde. Die kunswerk word volgens lyne, vorms en kleure ge-“lees”. ook bekend as nieverteenwoordigende of nie-objektiewe kuns.
Achromaties: sonder kleur, gekenmerk deur grys, swart of wit.
Agtergrond: gedeelte in kunswerk (2D) wat lyk of dit die verste weg is van die kyker; gedeelte of area agter ’n voorwerp
Allegorie: wanneer betekenis simbolies in skilderye, toneelstukke, gedigte, ens. voorgestel word. Amorf: sonder struktuur; het geen bepaalde vorm nie
Analoë kleur: kleure wat langs mekaar op die kleurwiel lê, soos rooi langs oranje, blou langs groen; word dikwels saam gebruik in kleurskemas
Anorganies: mensgemaak, masjien- of massageproduseerde produkte/ voorwerpe; reëlmatige of simmetriese vorms
Antiek: behoort aan die verre verlede
Antropoloog: hy of sy bestudeer die groepe, kulture en gedrag van mense. Hulle moet navorsing doen oor skilderye, gravure, gereedskap en ander voorwerpe wat in spesifieke omgewings gevind word om die prehistoriese mense se manier van lewe te verstaan
Antropomorfies: menslike eienskappe wat aan niemenslike dinge gegee word
Apartheid: die beleid van die nasionale Party wat in 1948 in Suid- Afrika aan bewind gekom het. Die idee was om die verskillende rasse te skei. Dit het in 1994 met die eerste demokratiese verkiesings geëindig
Argeoloë: ondersoek die aarde se kors. Sommige van hulle grawe skelette, gereedskap, ruïnes en ander voorwerpe uit om die geskiedenis van ’n plek vas te stel
Argitektuur: die kuns en wetenskap van die ontwerp en bou van geboue