Handwerk: dikwels die tradisionele manier om iets met die hand te maak; meestal het dit ’n funksionele doel; aktiwiteite soos weefwerk, mandjiewerk, houtsneewerk en keramiekwerk/pottebakkery
Handwerker: vaardige persoon wat die handwerk produseer
Heidendom: enige godsdiens wat nie Christelik is nie. Dit het oorspronklik verwys na die outentieke gelowe van antieke griekeland en Rome, afgelei van die latynse woord wat plattelander beteken en verwys na iemand wat in talle gode glo
Herhaling: om dieselfde vorm, voorwerp, element of patroon oor en oor op dieselfde oppervlak of in dieselfde ruimte te plaas
Hervorming/Reformasie: die europese Christelike hervormingsbeweging wat Protestantisme gevestig het. Dit is deur Martin luther, Johannes Calvyn en ander vroeë Protestante gelei
Herwin: enige deel van ’n voorwerp wat weer gebruik word vir ’n soortgelyke of ander doel
Herwinning: om afval in herbruikbare materiaal te omskep
Hiëroglief: die griekse woord vir egiptiese skrif. Die grieke het die simbole op die mure van die egiptiese tempels gesien en dit die naam hiëroglief gegee, wat heilige tekens beteken
Horisonlyn: verste punt in die agtergrond wat ons kan sien; ons vind ook die verdwynpunt op die horison; waar die lug en die grond bymekaarkom
Horisontale lyne: lyne wat van kant tot kant loop
Humanisme: die klem is op wat dit is om ’n mens te wees – ’n beklemtoning van die mens se spirituele en intellektuele vermoëns I
Idealisering: die voorstelling van voorwerpe, mense of gebeure volgens ’n stel reëls wat ’n gestileerde weergawe van die natuur is en gesien word as perfeksie teenoor die direkte kopiëring van die natuur
Ikonoklasme: die verbod op heilige beelde wat deur keiser leo III in 730 n.C. ingestel is toe hy beveel het dat al die beelde wat Christus, die Maagd Maria en heiliges en engele in menslike vorm voorstel, vernietig word. Die pous en westerse Christendom het hierdie verordening verwerp