BUDDHA AMIDA TRIAD, SHRINE OF LADY TACHIBANA, 8STE EEU
BUDDHA AMIDA
Die ander hoofgodsdiens in die Ooste, afgesien van Hindoeïsme is Boeddhisme. In 552 het die leier van Kudara (Korea) ’n vergulde bronsfiguur van die Boeddha aan Kimmei, die Keiser van Japan gestuur. Na ’n halfeeeu was Boeddhisme sterk gevestig in Japan.
’n Voorbeeld van ’n Japannese Boeddha is die Amida-drietal. Die brons Shrine of Lady Tachibana bestaan uit drie vol figure. Te Boeddha Amida sit op ’n lotus tussen die kleiner figure van Kannon en Dai Seishi. Die kleiner figure staan elkeen langs ’n lotus. Die drie figure styg almal uit ’n platform uit wat die gestileerde waters van die Sukhavati-meer in die paradys van Boeddha verteenwoordig. Agter hulle is ’n drievoudige skerm waarop daar lae reliëfvorms is van die elegante vorms van hemelse nimfe wat op lotusse sit met piepklein vorms van siele wat nuutgebore in die hemel is. Op die skerm agter die Boedhha Amida is daar ’n versierde sirkulêre reliëfvorm wat ’n stralekrans uitbeeld. Die blare van die lotus en die voue van die klere is vereenvoudig in ’n dekoratiewe stilasie.
Volgens geskiedenis, toe die Boeddhiste in 845 in China vervolg is, is T’ang bronsstandbeelde van Boeddha gesmelt. Daarom is die Japannese beeldhouwerk van daardie tyd belangrik in terme van godsdienstige en artistieke styl.
3.1 VISUELE KUNSTE 2011
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Godsdienstige Simbole: Deel jou bladsy in ses blokkies in. Doen navorsing oor ’n simbool vir Hindoeïsme, Boeddhisme, Christenskap en ook oor drie simbole van die geloofstelsels van drie vroeë beskawings. Gebruik ’n pen om al die buitelyne te teken.