Ikoon: grieks vir “beeld”; enige beeld/voorwerp/persoon wat basiese waardes van ‘n kultuur uitdruk; of wat ’n indruk skep dat die basiese waardes van ’n niespesifieke kultuur uitgedruk word
Illusie: om te oortuig dat wat geskilder is vir die realiteit aangesien word/illusioniste skep byvoorbeeld ’n idee van diep ruimte op ’n plat oppervlak (die skildery)
Impasto: dik aangewende verf, dikwels met getekstureerde kwashale Inheems: oorspronklik van die land waar dit aangetref word Inhoud: onderwerpe en betekenis van die kunswerk
Innovering: skepping van nuwe dinge, bekendstelling van ’n nuwe metode of idee om iets te doen of te maak
Installasie: ’n kunswerk wat die uitstalruimte as deel van die werk integreer Intellektueel: wat gedink word; teenoorgesteld van emosioneel
Intellektuele eiendom: die unieke idees, gedagtes, uitvindsels en skryfwerk van ’n persoon
Interpreteer: ontleed en evalueer (gee ’n ingeligte mening) kontekstualiseer en staaf met spesifiekevoorbeelde Irrasioneel: onredelik, teenoorgesteld van rasioneel
Islam: beteken “onderdanigheid aan god”, “vrede” en “weg na vrede”. Dit is ’n monoteïstiese geloof wat gegrond is op die lerings van die profeet van god, Mohammed, wat die woorde van god in die koran neergeskryf het.
Isoleer: om iets op sy eie te laat staan, weg van ander dinge J
Jukstaposisie: om dinge naas mekaar te stel om die kontras of ’n nuwe verwantskap tussen hulle te toon K
Keramiek: voorwerp wat uit klei vervaardig is waarvan die kwaliteit verander as dit aan hitte blootgestel word; 2D-oppervlakke soos teëls; 3D-oppervlakke waarvan die hele doel is om ’n beeld of iets dekoratief of funksioneel soos ’n bakkie te wees
Kitsch: alledaagse artikels, voorwerpe en dekoratiewe dinge waarvan die styl gesien word as sonder smaak, sentimenteel of pretensieus