Nieverteenwoordigend: voorwerpe, fatsoene of vorms wat nie in die voorwerp of konteks herken kan word nie, abstrak
Nie-Westerse beskawings: verwys na die beskawings wat in die ooste ontwikkel het, op die Stille oseaaneilande, Australasië, die vroeë beskawings in die Amerikas, ens. Die konseptuele en godsdienstige interpretasie van beelde het in ‘n groot mate in nie-westerse kuns voortgeduur. word partykeer gekritiseer as dat daar te veel klem en belangrikheid aan westerse idees geheg word. nie van toepassing op kontemporêre kuns wat as wêreldwyd gesien word nie
Noem: sê regstreeks wat jy dink – gee jou opinie, asook ’n verduideliking
Nuwe media: talle kontemporêre kunstenaars gebruik ongewone materiale wat nie tradisioneel beskou word as kunsmateriaal nie, soos bewaarde diere, meel, ens.
O Objektief: sonder emosie Oeuvre: Franse woord wat al die werke van ‘n kunstenaar beteken Ondeursigtig: solied, nie deurskynend nie, blokkeer alle lig
Ontleding: ’n gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toon, formaat) en komposisie van die werk
Ontwerp: om ’n gedetailleerde plan van ’n struktuur van iets te skep met fokus op die voorkoms, gerief en doeltreffende funksionaliteit van die finale ontwerp; om iets op ’n vaardige wyse te maak; om iets vir ’n bepaalde doel uit te dink; ’n tekening of grafiese voorstelling met die doel om funksie aan te dui en hoe om iets saam te stel of te maak
Oorvleueling: om een oppervlak of voorwerp, lyn, kleur of tekstuur bo- oor ’n ander te plaas
Opdrag: skriftelike of verbale instruksie om ’n werkstuk/projek te spesifiseer
Openbare beelde: kan abstrak wees of iets spesifiek uitbeeld; kan die nasie of kulturele trots simboliseer; die posisie en plek van die openbare beelde speel ’n belangrike rol en dra tot die omgewing by waarin ons onsself bevind