Die natuur het nog altyd die maak van kuns op verskillende maniere geïnspireer.
Baie kunstenaars verkies die landskap as ’n onderwerp. Soos jy gesien het met die Australiese Inboorlinge- en die Navajo- sandskilderye, word die natuur self die ‘doek’ van die werk.
ALBRECHT DÜRER, THE LARGE PIECE OF TURF, 1503. WATERVERF
Vanaf die 1960’s het Landkuns ontwikkel waar binne- of buite spasies gebruik word as die media vir die idees van die kunstenaar.
ROBERT SMITHSON, SPIRAL JETTY, 1970
Hierdie grootskaalse omgewingstuk is gebou in die Groot Soutmeer in Amerika. Die hoë inhoud van sout gee die water ’n rooierige kleur en moedig kristallisasie aan die kante van die werk aan. Een van die belangrikste dinge oor die Spiral Jetty was die ontoeganklikheid daarvan. Dit kon net uit die lug uit ten volle beskou word. Meeste mense kon dit net deur middel van foto’s en ander dokumentasie sien.