my verraai”. Nooit tevore in die geskiedenis van kuns is soveel verskillende reaksies en emosies uitgebeeld nie.
In Leonardo se werke vind ons ’n lewensgetroue uitbeelding van die mens en sy omgewing. Leonardo het verder gegaan as net naturalisme en deur gebare, posture en suggestie het hy die karakter en die persoonlikheid van die figuur wat uitgebeeld is, vertoon. Hierdie werk was ’n opdrag vir ’n muur in ’n klooster se eetsaal in Milaan. Christus en die twaalf apostels sit by ’n lang tafel wat parallel is tot die muur in ’n groot, eenvoudige vertrek. Die toneel beeld die oomblik uit toe Christus gesê het: “Een van julle sal
Al die figure sit aan die een kant van die tafel met Christus in die middel. Christus is kalm en alleen te midde van al die emosionele versteurings. Die groot venster in die middel omraam Christus met ’n halfvormige pediment (die enigste geboë vorm in die argitektuur) as ’n stralekrans. Christus vorm die fokuspunt – alle waarnemingslyne van die dakbalke en vensters lei na Sy kop. Al die bewegings lei terug na Christus deur gebare, vorms en kleure. Aan elke kant van Christus is twee groepe van drie apostels. Hierdie is mans wat gevul is met wanhoop, afgryse, skok en vrees. Met sy hande wat hy oor sy bors saamvou, vra Johannes of hy dalk die verraaier is. Net Judas leun op die tafel, sy gesig in donkerte gehul, terwyl hy die omkoopgeld vasklou. Die twee figure aan die kante is stiller om te keer dat die emosie die skildery verlaat. Die agtergrond en figure vorm ’n eenheid en wanneer jy die agtergrond bedek, vorm die figure ’n fries met Christus wat dan nie die fokus punt is nie. Hierdie werk is tipies van die Hoogte Renaissance met die gevoel van kalmte ewewig en balans. Die term sfumato (rokerigheid) is deur Leonardo da Vinci geskep, en verwys na sy tegniek om skerp buitelyne te verdof of te versag deur die subtiele en geleidelike vermenging vanuit een toon na ’n ander een om die illusie te skep van diepte of driediemsionaliteit.
“Skilder die gesig om te wys wat in die bewyssyn aangaan.”
WOORDELYS
CIRCAword saam met ’n datum gebruik, soos in c. 1270. Dit beteken ‘rondom’ of ‘ongeveer’.
7.2
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Kies een skildery uit elkeen van die bogenoemde tydperke en plak ’n fotokopie van elkeen in jou werkboek. Deur die volgende te bespreek, wys die ontwikkeling na absolute naturalisme tydens die Renaissance:
• Onderwerp • Uitdrukking van figure • Komposisie • Ruimte en diepte • Tegniek