’n Skoen se doel is om die menslike voet te beskerm en om dit gemaklik te maak tydens verskeie aktiwiteite. Die voet het meer bene as enige ander deel van die liggaam. Deur die eeue het die ontwerp van skoene geweldig uiteenlopend geword. Die ontwerpe van skoene is beïnvloed deur funksionaliteit, status en die beskikbaarheid van materiaal. Baie kulture het nie skoene gedra nie. Skoene het goedkoper geword met die aanbreek van massaproduksie en meeste mense in die wêreld dra vandag skoene. As ons na die skoene van vandag kyk, is daar ’n reuse reeks ontwerpe. Baie skoene word vir spesifieke funksies/doeleindes gemaak, soos vir sport, werk, ontspanning, ens. Skoene het ook baie begeerlike items geword. Baie mense sal groot bedrae geld spandeer om die ‘in’-handelsmerke, soos Adidas, nike, Converse, ens. te besit. Baie vroue smag na ’n paar manolo Blahniks of Chrisitan louboutins.
VINCENT VAN GOGH,
THREE PAIRS OF SHOES, 1887. OLIE OP DOEK.
HET JY GEWEET? DIE ANTIEKE GEBRUIK VAN VOETBINDING IS VANAF ONGEVEER DIE 10DE EEU IN CHINA BEOEFEN EN IS IN 1911 GESTOP. DRIE- TOT VYFJARIGE DOGTERTJIES SE VOETE IS VASGEBIND SODAT DIE TONE ONDER DIE VOETE KON BUIG, DIE BENE KON BREEK EN DIT DIE RES VAN DIE VOET EN DIE AGTERKANT DAARVAN OPMEKAAR KON FORSEER. DIE ALGEMENE LENGTE VAN ’N MISVORMDE VOET WAS 12.7 CM. HIERDIIE KLEIN VOETE IS BESKOU AS ’N TEKEN VAN SKOONHEID. HOE KLEINER ’N VROU SE VOETE WAS, HOE MEER BEGEERLIK WAS SY VIR DIE HUWELIK. DIT HET OOK BETEKEN DAT ’N VROU MINDER ONAFHANKLIK WAS EN MAKLIKER BEHEER KON WORD.