• nou moet jy met ’n dinkskrum begin oor hoe jy jou reis visueel kan verteenwoordig in ’n finale werk/e. Jou kunsonderwyser sal hierdie proses lei.
’N PAAR OPSIES OM TE OORWEEG:
- Gebruik die voorwerpe wat jy op jou reis versamel het om ’n komposisie te maak in ’n finale waarnemende kunswerk. Jy kan ander klein relevante voorwerpe gebruik, soos insekte, akkedisse, ens. Jy kan fotografiese beelde vir hierdie voorwerpe gebruik.
- Skep ’n meer simboliese weergawe. Oorweeg dit om konsentriese sirkels te gebruik, soos in sandskilderye. Plaas verskillende voorwerpe in die verskillende sirkels.
- Maak ’n simboliese en/of atmosferiese interpretasie van jou reis. Jy kan dit oorweeg om media uit die natuur te gebruik, bv. om verf met sand te meng, ens.
- Skep ’n driedimensionele kunswerk deur ’n boks of enige ander struktuur te gebruik om ware voorwerpe met teken en/of skilder te kombineer.
- Enige ander oorsponklike oplossing. - Teken jou finale idee. Gebruik etikette om die gebruik van media, idees, ens. te verduidelik.
• nadat jy hierdie taak voltooi het, kan jy in skrif oor hierdie hele proses reflekteer.
Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en mag jou verdere spesifieke instruksies gee rakende die media, grootte, tegniek, ens. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.
JUDITH MASON, TOY IN PRAISE OF PRIVACY 1, GEMENGDE MEDIA
’N MOT WAT UIT VERSKILLENDE MATERIALE DEUR ’N LEERDER GEMAAK IS.