237 5 Ontwikkeling van naturalisme in die Italiaanse Renaissance
IN HIERDIE AFDELING GAAN JY DIE WEGBREEK VAN MIDDELEEUSE GESTILEERDHEID TOT EN MET DIE ABSOLUTE NATURALISME VAN DIE HOOGTE RENAISSANCE ONDERSOEK DEUR SPESIFIEKE KUNSWERKE WAT IN DIE FLORENTYNSE RENAISSANCE GESKEP IS, TE BESTUDEER.
PROTO-RENAISSANCE
Wie was Giotto? Giotto di Bondone (1266/7 – 1337), is beter bekend as Giotto. Hy is oor die algemeen beskou as die eerste uit ’n groep groot kunstenaars wat bygedra het tot die Italiaanse Renaissance. Giotto se meesterwerk was die versiering van die Scrovegni-kapel in Pradua wat die Arena-kapel genoem is, en in ongeveer 1305 voltooi is. Hierdie fresko-sirkel beeld die lewens van die Maagd Maria en Christus uit.
“Giotto het die kuns van skilderwerk uit die Middeleeuse donkerte tot in die
daglig gebring” – Boccaccio
GIOTTO DI BONDONE, THE LAMENTATION, 1305 – 6. FRESKO. VISUELE KUNSTE 2011