Die meeste kunstenaars gebruik tekeninge as VOORBEREIDINGSWERK voor hulle die finale werk in ’n ander medium maak. Voorbeelde sluit rowwe sketse, waarnemingstekeninge, komposisiesketse, notering van idees, ens. in. Hierdie tekeninge word dikwels bewonder en word as kunswerke ten toon gestel. Daar is egter baie kunstenaars wat tekeninge kies as hulle finale manier van uitdrukking. Dit is veral die geval in die laaste paar dekades en teken is nou vir baie kunstenaars hulle gekose medium.
TEKENMATERIALE SLUIT DIE VOLGENDE IN:
• Houtskool • potlood – (Die H-potlode is hard en die B-potlode is sag) • ’n Verskeidenheid penne • pen en/of kwas en ink • kryte/conté • krytpastelle – moet met ’n hegmiddel behandel word om dit te behou
EDGAR DEGAS, BEFORE THE MIRROR, 1889.PASTEL OP PAPIER
Degas was ’n meester in die gebruik van krytpastelle. Hy het hulle as lyne van kleur gebruik om vorms op te bou. Baie mense beskou dit as skilderwerk eerder as teken.
Hierdie brose medium moet met ’n hegmiddel “fixative” beskerm word.
Tekeninge kan gemaak word met enigiets wat ’n merk maak en op enigiets waarop ’n merk gemaak kan word. Baie kontemporêre kunstenaars het die grense van teken uitgebrei met hulle keuse van media.
DIANE VICTOR, DRIE PORTRETTE UIT ’N REEKS VAN 36 PORTRETTE WAT GEMAAK IS VAN FOTO’S
WAT DEUR VICTOR VAN DIE ST RAPHAEL HIV/AIDS CENTRE AND DAY CLINIC IN GRAHAMSTAD GENEEM IS, 2004, ROOK- TEKENINGE.