Die eenvoudige taak om melk uit te gooi word omskep in ’n eindelose simbool deur sy persepsie en perfekte organisasie van ruimte, waarde en kleur. Daar is al voorgestel dat Vermeer die camera obscura vir sy komposisie gebruik het, ’n verdonkerde omhulling met ’n opening aan die een kant en ’n plat, ligte oppervlak aan die ander kant. Die normale aksie van sonstrale, wat weerkaats word vanaf voorwerpe buite die camera obscura, beweeg deur die aperture, projekteer die beeld op die ligoppervlak, onderstebo, selfs sonder ’n lens. Die camera obscura is geneig om alle weerkaatsings in klein druppels van wit te verander; wat duidelik sigbaar is in die broodrolletjies, die vars kaas in die mandjie en die rand van die beker. Vermeer se gebruik van kleur het ook verskil van die van sy tydgenote. Hy het helderder en suiwerder kleure gebruik, bv. die sterk blou in die voorskoot en die helder geel van die bediende se bostuk (bodice). Hierdie kleure weerkaats deur die ander kleure in die kamer, veral die blouerige skaduwees op die romerige muur. Alhoewel Vermeer ’n kopergieter en ’n mandjie wat in die hoek hang, uitbeeld, asook ’n voetverwarmer op die vloer, het hy al sy aandag gevestig op die waardigheid van die eenvoudige aksie van die bediende wat melk uitgooi.
JAN VERMEER, KITCHEN MAID, 1658. OLIE OP DOEK
4 Met Verwysing na
Die eerste europeërs het hulleself in 1652 in Suid- Afrika gevestig toe Jan van Riebeeck deur die VoC (Verenigde oos-Indiese kompanjie) kaap toe gestuur. Die VoC wou ’n halfwegstasie in die kaap hê om die maatskappy te voorsien van vars goedere, hoofsaaklik vleis en groente, op die lang reis van europa na Asië. Vleis is verkry deur met die inheemse mense te onderhandel en handel te dryf. teen die tyd van Jan van Riebeeck se aankoms in tafelbaai, was die khoi- khoi mense (wat meer akkuraat bekend staan as die Quena) georganiseer in ’n groep stamentiteite wat vanuit die kaap uitgebrei het.
Suid-Afrikaanse kuns
CHARLES DAVIDSON BELL, AANKOMS VAN JAN VAN RIEBEECK IN KAAPSTAD, 1652, 1851.