SIFDRUK: (SERIGRAFIE) is ’n moderne druk- en stensil- metode. ’n Stensil wat uit papier gemaak is, word gebruik; of ’n verniste lagie wat geplak word oor ’n fyngaas-materiaal wat oor ’n raam gespan is. Die druk-ink word deur die skerm met ’n rubberswabber forseer. Gesnyde stensils produseer skerp gedefinieerde beelde, maar krytagtige lyne en granulêre teksture kan gevorm word deur met ’n wasagtige of waterbestande medium op die skerm te teken. Warhol het ’n stensil, wat van ’n halwe- skakering stuk positiewe film gemaak is, gebruik.
MONO-AFDRUK is ’n enkel afdruk wat geneem word van ’n ontwerp wat op ’n plat oppervlak geskilder is.
KOLLAGRAFIE is ’n druktegniek waarin getekstureerde materiale aan die drukmatriks geheg word. Hierdie tekstuur word aan die papier oorgedra tydens die drukproses.
Kontemporêre druktegnieke kan digitale drukwerk, fotografiese mediums of ’n kombinasie van digitale, fotografiese en tradisionele prosesse insluit.
’n Drukpers is nodig vir baie van die afdruktegnieke.
Maar sommige van die afdruktegnieke kan sonder ’n pers gemaak word. John Muafangejo, ’n kunstenaar, het byvoorbeeld dikwels die agterkant van ’n lepel gebruik om sy linosnee te druk.