Trek die vorm van jou voet ’n paar keer op jou papier af. Maak seker dat die tekeninge oorvleuel en dat party van die voete buite die papierformaat is. neem ’n sagte medium, soos ’n 4B- of ’n 6B-potlood en plaas die tekening oor ’n getekstureerde area, soos ’n growwe muur, die sool van ’n skoen, ’n luikgat, ens. Beweeg jou potlood oor die oppervlak om ’n vryfafdruk daarvan te maak. maak seker dat jy ’n verskillende tekstuur in elkeen van jou areas afvryf. Probeer om tonale waardes te skep (vermeerder of verminder die druk van jou hand) sodat jou tekening ’n interessante heelbeeld skep. Doen hierdie aktwiteit op ’n stuk los papier en plak dit na voltooiing in jou bronboek.
Die woord vir die tegniek om vryfafdrukke van growwe oppervlaktes te neem, word frottage genoem.