Terwyl die Bayeux-tapisserie ’n korter tydperk uitbeeld, beeld die Keiskamma-tapisserie die grootste deel van bekende Suid- Afrikaanse geskiedenis uit wat dit relevant maak vir alle Suid- Afrikaanse inwoners. Dit word in die Parlementêre geboue in Kaapstad uitgestal.
DIE BRITSE TROEPE IS DEUR DIE XHOSAS AANGEVAL, OOS VAN GRAHAMSTAD IN
DIE SLAG VAN RINI. MAAR TOE KHOI-KHOI- TROEPE DIE BRITTE GEHELP HET, IS DIE XHOSAS OORWIN, SOOS GESIEN KAN WORD IN DIE TAPISSERIE – DIE RIVIER WAS ROOI MET HULLE BLOED.
SUID-AFRIKA SE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING IN APRIL 1994 WORD UITGEBEELD AS ’N VREEDSAME, GOEDGEORGANISEERDE GEBEURTENIS
8 Praktiese Assesseringstaak
WERK SAAM OM ’n MUURSKILDERY TE MAAK
Die kuns van die Middeleeue is meeste van die tyd geskep deur kunstenaars wat saam met ander kunstenaars gewerk het. Kunswerke soos muurskilderye, mosaïek, gebrandskilderde glasvensters, argitekturele beeldhouwerke en sommige geïllumineerde manuskripte is gemaak deur groepe mense wat saam daaraan gewerk het. Tydens hierdie projek moet jy saam met drie ‘vennote’ werk om ’n muurskildery te skep. Julle moet in julle groep oor die onderwerp van julle muurskildery besluit. Daar is ’n eindelose verskeidenheid onderwerpe om van te kies.