Die standbeeld, Augustus van Prima Porta, is een van die beroemdste beelde van hierdie leier, van wie nog ander beelde behoue gebly het. Die naam van die beeld verwys na die plek waar dit ontdek is, naamlik die villa wat aan sy vrou, Livia, behoort het. Die villa is vernoem na ’n ou poort naby Rome. Hierdie marmerbeeld is ’n kopie van ’n verlore bronsbeeld van 20 v.C. Die rede hoekom die standbeeld gemaak is, is waarskynlik as gevolg van Augustus se oorwinning oor die Parthiane.
Die standbeeld weerspieël Augustus se bewondering vir die gesag, strewe na volmaaktheid en die kalmte van Klassieke Griekeland. Alhoewel die houding en styl herinner aan Klassieke beeldhouwerk, oorheers die tipiese Romeinse deugde van dapperheid, uitmuntendheid, vroomheid en krag. Dit dui op die politiese agenda wat die werk geïnspireer het. Nieteenstaande die dominerende houding, is die algemene indruk van die standbeeld een van eenvoud. Dit dui op die indruk wat Augustus by die publiek wou skep. Hy het probeer om vrede na die Romeinse Ryk te bring deur ’n diktator te word en nogtans die indruk van ’n republiek te behou.
Augustus word met geïdealiseerde jeugdigheid uitgebeeld alhoewel hy 40 jaar oud was toe die standbeeld gemaak is. Die invloed van die Griekse sportbeeld, die Doryphoros van Polykleitos, is duidelik sigbaar in die kop, gesig, bene en algehele houding. Die verskil van die Griekse standbeeld is die uitgestrekte arm van Augustus wat ’n tipiese Romeinse gebaar is van iemand wat ’n groep mense toespreek en wat gereeld in die Romeinse kuns gesien is. Augustus word as ’n sterk heerser uitgebeeld deur sy kleredrag, ’n uniform met ’n mantel, soos die van Julius Ceasar, asook die simbolisme in die reliëfeelde op sy borsplaat.
Sy heldhaſtigheid word verder uitgebeeld deur sy kaal voete. Soldate wat gaan oorlog voer het, het skoene nodig gehad terwyl gode en helde nie die beskerming van skoene nodig gehad het nie.
MARMERKOPIE VAN DIE VERLORE BRONSBEELD, DORYPHOROS VAN POLYKLEITOS
VISUELE KUNSTE 2011
Augustus van Prima Porta AUGUSTUS OF PRIMA PORTA – 20 V.C.