Die vroeë geskiedenis van antieke Griekeland, van die Neolitiese tydperk tot die Donker Eeue, wat tot ongeveer 500 v.C. gestrek het, was nie so goed gedokumenteer en bewaar soos die daaropvolgende Geometriese, Argaïese, Klassieke en Hellenistiese Tydperke, toe die Griekse kultuur ontstaan en floreer het nie. Griekeland bestaan uit groter skiereilande met baie groot en klein eilande rondom. Griekeland is geleë in die Middelandse See en is tussen Europa en Asië en baie na aan Afrika. As gevolg van Griekeland se sentrale posisie met baie natuurlike hawens en gematigde Meditereense weer, het die Grieke ’n seevarende nasie geword. Dit het daartoe gelei dat hulle kontak gehad het met verskeie kulture van ander lande met wie hulle handel gedryf het. Sodoende het hulle ook kennis opgedoen van ander landbou- en metaalwerktegnieke.
Na die ontstaan van die eerste stede in hierdie area, tydens die Bronstydperk, het die Minoaanse tydperk gevolg. Tydens hierdie tydperk het ’n kultuur eie aan die omgewing van Krete ontwikkel en oorheers tot 2500 v.C. Hierdie Kretaanse kultuur het ineengestort na ’n vulkaniese uitbarsting circa 1400-1500 v.C. Die Myceneane van die Griekse vasteland het van die kans gebruik gemaak om die hele omgewing te oorheers. Hierdie kultuur was gegrond op oorlogvoering en die rykdom wat versamel is deur die bevelvoerders was nie verdeel onder die res van die gemeenskap nie. Die Myceneaanse konings is tot ’n val gebring deur of Doriaanse stamme uit die Noorde van Griekeland of stamgroepe uit die Myceneaanse volk self rondom 12 000 v.C. Die Donker Eeue van die 11de eeu v.C. was gekenmerk deur oorloë, invalle, asook ekonomiese en kulturele verval. Die Myceneaanse skrif het verlore gegaan en dus geletterdheid ook. Die geskiedenis was nooit opgeteken nie. Daar was ook min wisselwerking tussen groepe mense van verskillende state.
VISUELE KUNSTE 2011
van Antieke Griekeland GRIEKELAND – ’n STRYD TUSSEN MITE EN LOGIKA