Die klas moet in groepe verdeel word om navorsing te doen oor die verskillende vorms van kunsvlytwerk. Elke groep moet hulle navorsing en visuele voorbeelde vir die klas aanbied.
AFDELINGS WAT BEHANDEL MOET WORD: • Funksie • Materiale en kleure wat gebruik is • Manier van konstruksie • Versiering en simbolisme
Elke groeplid het ’n geleentheid om ’n deel van die navorsing aan te bied. Indien die fasiliteite en vaardighede beskikbaar is, kan PowerPoint aanbiedings gemaak word. ’n Harde kopie van die groep se navorsing moet in die Kultuurstudie-boek geplak word.