HOE OM NA ’N KUNSWERK TE KYK EN HOE OM DIT TE BESPREEK
DiE VolGEnDE iS ’n riGlyn (‘rESEp’) oor HoE ’n mEnS kunSwErkE kAn BESprEEk.
1. ETIKET-INLIGTING • kunstenaar, titel van werk, datum, medium, grootte. 2. BESKRYWING
• identifiseer dinge wat jy kan sien – noem en beskryf hulle. maak seker dat jou beskrwying nie- evaluerend, eiewys of interpreterend is nie – sê net wat jy sien.
• Beskryf kortliks die vernaamste voorwerpe in die kunswerk en hulle posisie ten opsigte van mekaar, bv. die koei is onder die boom. noem slegs wat jy met jou oë kan sien – asof jy die werk aan ’n blinde persoon beskryf.
• onderwerp • Behoort die werk aan ’n spesifieke kunsbeweging?
BESPREKING (ANALISE)
• tegniek • Styl • formele elemente – lyn, fatsoen, vorm, kleur, tekstuur, toon, patroon, spasie. • komposisie en fokuspunte • komposisie/ontwerpbeginsels, soos klem, kontraste, skaal, proporsie, balans, ritme, ens. (Onthou om te konsentreer op die uitstaande elemente en beginsels in ’n kunswerk.)
4. INTERPRETASIE, BETEKENIS EN BOODSKAP
• wanneer al die bogenoemde punte bespreek word, sal die kyker ’n kunswerk beter kan verstaan. Hoewel die kyker nie die kunstenaar is nie en nooit kan weet wat die volle bedoeling van die kunstenaar is nie, vorm ons ons eie ingeligde opinie, mits die opinie gestaaf kan word.
• kontekstuele faktore: die konteks van die werk speel ’n groot rol om betekenis te bepaal – die biografie van die kunstenaar, politieke en sosiale situasies, historiese faktore en/of fisiese ruimte, bv. werk wat geskep is tydens apartheid in Suid-Afrika.
• Gebruik die inligting wat jy uit jou BESkrywinG en BESprEkinG (AnAliSE) afgelei het om jou te help om die inHouD van werke (wat die kunswerk van die menslike ondervinding sê) te identifiseer. Dit het te doen met die BooDSkAp van die werk.
• Verdedig jou hipotese met bewyse vanuit ander bronne, soos kunsgeskiedenis, gebeure in die verlede waaraan die werk jou herinner of vermoedelike funksies: soos om te prys, kritiek te lewer, te voorspel, ’n gebeurtenis vas te vang, ’n politieke of sosiale stelling te maak, spot, ens. • kyk na die simboliese betekenisse waar moontlik, bv, ’n duif beteken vrede.