Die passie en intensiteit van haar skilderye het haar byna uniek gemaak onder vrouekunstenaars voor die 20ste eeu. Dit mag wees, soos moderne historici graag bespiegel, omdat sy verkrag is deur een van haar pa se vriende, en dit het haar ’n spesiale insig in geweld en verraad gegee. Soos enige vrouekunstenaar moes sy veg teen die onuitgedrukte onveranderlikhede van haar kultuur, wat die oortuiging aangehang het van die ’natuurlike’ minderwaardigheid van vrou ingesluit het – en dit kon ook die passie waarmee sy die toneel uitbeeld, aangewakker het.
Judith was ’n Joodse heldin wat die Filistynse generaal Holofernes vermoor het om haar mense te beskerm. Die kop van Holofernes word sigbaar afgesaag en bloed sypel grusaam deur die matras. ons sien die gebeurtenis in al sy dimensies – sy maak ons bewus van die heldhaftige heroïsme van Judith en wat dit beteken om ’n ander mens te vermoor. ons sien die invloed van Carravagio in die realisme en die uitbeelding van lig en donker.
Wie was Bernini?
Gian Lorenzo Bernini (ook gianlorenzo of giovanni lorenzo gespel) (napels, 7 December 1598 – Rome, 28 november 1680) was ’n Italiaanse kunstenaar wat hoofsaaklik in Rome gewerk het. Hy was die voorste beeldhouer van sy tyd en ook ’n prominente argitek. Hy het ook geskilder, toneelstukke geskryf en metaalwerk en stelontwerp vir die verhoog gedoen het.
Bernini was ’n Italiaanse kunstenaar wat die Barok verpersoonlik het. Hy is die bekendste vir sy argitektuur en beeldhouwerk. Barokbeeldhouwerk was tipies groter as die werklikheid met ’n sin van dinamiese beweging en die aktiewe gebruik van spasie.
Bernini is opdrag gegee om die kapel wat opgedra is aan St Theresa in Rome te ontwerp. Hy is ’n unieke geleentheid gegun om sy eie omgewing vir sy beeldhouwerk te skep. Afgesien daarvan dat die interieur oorweldigend ryk is in sy gebruik van gekleurde marmer, argitekturele elemente en verguldsel, is al die elemente ontwerp om die toneel te omraam en die oog na die beeldhouwerk te trek.
VISUELE KUNSTE 2011
GIANLORENZO BERNINI, ECSTASY OF ST. TERESA, 1645 – 52. MARMER