Rembrandt Harmenszoon van Rijn (5 Julie 1606 – 4 oktober 1669) was ’n Hollandse skilder en etser. Hy word oor die algemeen beskou as een van die grootste skilders en grafiese drukkunstenaars in europese kunsgeskiedenis en die belangrikste kunstenaar in die Hollandse geskiedenis. Sy bydraes tot kuns het in ’n periode ontwikkel waarna historici verwys as die Hollandse goue eeu. nadat hy as ’n jeugdige sukses as ’n portretskilder bereik het, is sy latere jare gekenmerk deur persoonlike tragedie en finansiële probleme.
Die oorspronklike titel van hierdie skildery was ‘Die geselskap van kaptein Banning Cocq en luitenant willem van Ruytenburch’. Hierdie skildery, deur ’n misverstand wat natuurlik genoeg kon plaasvind indien die skildery se voorheen verdonkerde toestand in ag geneem word, staan nou as Die nagwag bekend. tydens die oorlog tussen Holland en Spanje, is siviele peletons gevorm vir burgerlike beskerming. gedurende Rembrandt se tyd het die peletons hulle oorspronklike funksie verloor en het sosiale klubs geword. Rembrandt het die opdrag gekry om die groepsportret van hulle te skilder.
Daar het twee probleme as gevolg van hierdie kommissie ontstaan: die persoonlike karaktereienskappe van elke individu moet uitgedruk word, asook ’n betekenisvolle verhouding tussen hulle. Vroeëre skilders het die groep of komposisie ondergeskik aan individuele portrette gestel. Rembrant het weggebreek van hierdie tradisie deur die individue ondergeskik te maak tot algehele aksie. Sy fokus was op die oomblik waarop die drom gespeel is en die groep voorberei vir die mars. Hy het hierdie tema op ’n vars manier benader om ’n meer dramatiese stelling te maak. ’n Helder lig skyn op die figure in die voorgrond, terwyl die agtergrondfigure besig is om nader aan die lig te beweeg. Die intense spel met lig en skadu verening die toneel en ’n dramatiese chiaroscuro word geskep. Die gebruik van diagonale beklemtoon die dramatiese verder. Die kleure is ryk en konstrasterend, bv. koel blougroene teen warm goudbruine. Die donker areas is geskilder in donkerbruine, perse, swartbruine en donkerrooi. Sy verspreiding van kleur, asook die spel tussen ligte en donker areas vestig al die aandag op die twee sentrale figure - Cocq in swart, wit en rooi, en Ruytenbach in wit en geel. Die verskillende kostuums is ’n voorbeeld van Rembrand se virtuositeit in teksturele uitbeeldings. Die insluiting van twee ‘toevallige’ figure – die blaffende hond en die meisie in geel is baie interessant.
VISUELE KUNSTE 2011
REMBRANDT, DIE NAG WAG, 1642. OLIE OP DOEK
om op te hou.”– Max Liebermann,20ste eeuse skilder (Frans Hals was ’n tydsge- noot van Rembrandt)
“Wanneer ek Frans Hals sien, is ek lus om te skilder, maar wanneer ek Rem- brandt sien, is ek lus
Hierdie meisie speel ’n belangrike rol in die skildery. Daar is verskillende teorieë oor haar teenwoordigheid in die skildery, bv. dat sy simboliese waarde het as gevolg van die die dooie hoender wat van haar middel afhang – en wat na Cocq verwys. Sy is ook belangrik in die balansering van die kleure. Die skildery se grootte is verminder gedurende die 18de eeu deur dele van die kante af te sny.