Skilderwerk is dekoratief in huise, paleise, tempels en grafelders gebruik. Ingewikkelde ontwerpe is op mure, vloere en plafonne geverf. Dit is ook gebruik op hout- en steenstandbeelde, die oppervlaktes van doodskiste, bokse en meubels. Skilderwerk is op ’n soortgelyke manier as reliëf gebruik en is ook in kombinasie met reliëfwerke gebruik. Die freskotegniek is gewoonlik in muurskilderye aangewend en die konvensies van die kuns van die Ou Koninkryk is vir die daaropvolgende 3 000 jaar as die basis van toekomstige style gehandhaaf. Alle oppervlaktes is bedek met ’n grondlaag wat uit pleister bestaan waarop die ontwerpe geteken en ingekleur is. Pigmente is van natuurlike middels gemaak. Soorte verf is gemaak deur die grondlaagmiddels wat die kleur bevat het met water en ’n bindingselement, soos groentegom, te meng om die verf aan die oppervlak te heg.
FRAGMENT VAN MUURSKILDERY VAN GRAFKELDER-KAPEL VAN NEBANUM, C. 1350 V.C.
’n Uitstekende voorbeeld van muurskilderkuns is ’n fragment van die grafelder-kapel van Nebanum waarin hy uitgebeeld word terwyl hy in die moerasse jag. Hierdie helderkleurige muurskildery dateer uit ongeveer 1350 v.C. In die werk staan die rekenmeester Nebanum op ’n kano terwyl hy wilde voëls jag. Hy word vergesel deur sy jong dogter, wat tussen sy bene uitgebeeld word, en ook deur sy vrou, wat agter hom staan. Hierdie toneel uit sy alledaagse lewe beeld hom as jonk en fiks uit. Die onderwerp van jag is tradisioneel, maar die kunstenaars het ’n unieke weergawe geskep deur dit op te helder met fyn besonderhede.
VISUELE KUNSTE 2011
Daar is ’n groot verskeidenheid voëls wat in die moeras vol lotusblomme rondvlieg. Elkeen van hulle is in ’n naturalistiese styl uitgedruk, wat die verskillende spesies maklik herkenbaar maak. Daar is ook ’n skoenlapper en ’n kat wat ’n voël vang. Hoewel hierdie skildery ’n toneel uit Nebanum se persoonlike lewe uitbeeld, bevat dit ook simbolisme wat bydra tot die feit dat dit deel van sy grafelder is. die hiërogliewiese onderskrif sê dat hy homself geniet en skoonheid raaksien. Aangesien die moerasse ook beskou is as ’n simbool van hergeboorte en seksualiteit, verwys hierdie toneel na die oorwinning van die lewe oor die dood en van struktuur oor chaos. Nebanum het ook die natuur oorwin deur jag te maak op voëls, wat sy hergeboorte sou verseker. Die kat kan simbolies wees van die songod wat die vyande van lig en orde oorwin, en die kat is geverf met ’n goue glinster in sy oog.