Die groep terracotta-koppe was begrawe en is naby Lydenburg in die noordelike deel van Suid-Afrika gevind. Dit is die vroegste bekende voorbeelde van beeldhouwerk wat in Suidelike Afrika ontdek is. Volgens radiokoolstofdatering dateer hulle uit die 6de eeu n.C. Volgens kundiges is die koppe gebruik in ’n spesiale seremonie. Baie van die koppe was gebreek en moes geherkonstruktureer word. Twee van hulle was groot genoeg om gedra te kon word, terwyl die kleiner koppe gate in die nek het waarmee hulle aan ’n kostuumraamwerk geheg kon word. Die eenvoudige gelaatstrekke en die dekoratiewe patrone is uit klei opgebou en vasgeheg aan die dop van die basiese kleikop. Die groter koppe lyk of hulle dieragtige vorms bo-op hulle koppe het. ’n Dekoratiewe band wat uit klein kleiballetjies bestaan, verdeel die voorkop en die haarlyn. Daar is bewyse van wit pigment en tekens van spekulariet, ’n blink swart metaal op die koppe. Hierdie antieke koppe kan vandag gesien word in die Suid- Afrikaanse Museum in Kaapstad.
2 .5 Voltooi in jou VKS-werkboek. NOK NOK-KOP
DATUM MATERIAAL VORM OË
HOOFTOOISEL VERSIERING
Maak ’n kopie van hierdie tabel in jou werkboek en voltooi dit. Dit is fassinerend om te dink waarom daar ooreenkomste is tussen die koppe wat so lank terug gemaak is in twee gebiede so ver van mekaar verwyder soos noordwestelike Afrika en die suidelike deel van Afrika.