Die terrein het ’n goudmyn aan sy noordelike wand en ’n jademyn aan sy suidelike wand. Beide sou tonnels moes hê om die weermag te kon begrawe
Die lewensgrootte terracotta-weermagfigure is in werkswinkels gemaak deur plaaslike vakmanne. Die Keiser het opdrag gegee dat die soldate nie dieselfde mag lyk nie. Gietvorms is gebruik vir die kleiledemate, liggame en koppe, maar elke gesig is met klei gemodeleer om dit individueel te laat lyk. Daarna het die figure ’n kleurvolle, lakvernis-afronding gekry. Nadat hulle gebak is, is die figure aanmekaargesit. As hulle eers voltooi is, is die soldate in presiese militêre formasie volgens rang en plig in die putte geplaas. In die tweede pit is daar ook vorms van perde en strydwaens. Die figure is gerangskik volgens die tipiese argaïese en rigiede vooraansig, maar die weermag dui daarop dat die Chinese-pottebakkers baie tegnies gevorder was omdat droogoonde versigtig gemaak moes word om hierdie duisende groot vorms effektief te kon bak.
DETAIL VAN SOLDAAT EN SY PERD
Daar is vier hoofputte met 11 gange wat elkeen omtrent sewe meter diep en drie meter wyd is en geplavei is met kleistene. Daar was houtplafonne wat bedek is met rietmatte en lae klei. Hope grond van drie meter hoog, is daarop geplaas. ’n Versameling van 120 voorwerpe uit die putte word wêreldwyd uitgestal.
Twee Suid-Afrikaanse kunstenaars wat ook vollengte figure gemodeleer het, is Noria Mabasa en Jane Alexander.
NORIA MABASA, SOUTH AFRICAN POLICEMAN, 1987, EMALJE OP GEBAKTE KLEI
JANE ALEXANDER, INFANTRY, 2005. VANAF OPNAMES VAN DIE KAAP VAN GOEIE HOOP