Gotiese beeldhouwerk wou mense bereik en was daarom aan die buitekante van katedrale, soos Chartres. Die groot hoeveelheid beelde wat rondom die ingange saamgedrom het, vorm ’n integrale deel van die argitektuur. Die tegnieke wat deur Gotiese beeldhouers gebruik is, was uitstekend; terwyl die ikonografie, alhoewel interessant, meer gestandaardiseer geword het en nie baie verbeeldingryke vryheid toegelaat het nie. Ten spyte hiervan het die groot reeks onderwerpe van die argitektoniese beelde by Chartres bygedra tot die idee van Christenskap as ’n omvattende geloof. Die verskeidenheid onderwerpe is vergelyk met ’n uitgebreide opsomming van wet, filosofie en teologie; of as ’n Bybel wat vir die ongeletterdes in steen en glas geskep is.
ALGEMENE UITSIG VAN DIE KONINKLIKE WESTELIKE VOORAANSIG
SENTRALE GEWELVELD VAN DIE NOORDELIKE VOORAANSIG – KRONING VAN DIE MAAGD
Die buitenste beelde volg ’n spesifieke volgorde. Dit begin aan die westelike vooraansig waar die storie van Christus, wat met Sy voorvaders tot by Sy hemelvaart vertel word. Die geskiedenis van Maria begin met die skepping van Adam en gaan voort tot haar dood op die noordelike paneel. Die suidelike portaal verteenwoordig die laaste deel waar ’n kombinasie van dramatiese gebeure van die Nuwe Testament tesame met die werk van die Kerk, sy heiliges, pouse, kloostervaders en biskoppe lei na die klimaks van Die Laaste Oordeel. Tesame met hierdie volledige weergawe van die Bybel, verskaf antieke volksverhale, kontemporêre geskiedenis, profesieë en feite, nuwe wetenskaplike kennis, portrette van prinse en handelaars, pragtige engele, fantastiese diere en afskuwelike dakspuiers ’n sekulêre agtergrond.
SENTRALE GEWELVELD VAN DIE SUIDELIKE VOORAANSIG – DIE LAASTE OORDEEL