Optiese kleurvermenging: wanneer twee kontrasterende kleure/ skakerings langs mekaar geplaas word (in jukstaposisie). Dit skep die visuele persepsie van kleurvermenging
Organiese vorms: vorms wat in die natuur aangetref word; gewoonlik “sagter” vorms as geometriese vorms; onreëlmatige vorms wat nie tot wiskundige presiesheid beperk word nie; meer natuurlike vloei in lyne en vorms; kan ook verwys na lewende vorms; teenoorgesteld van mensvervaardigde voorwerpe; geronde of geboë fatsoene.
Ornament: dekoratiewe 3D-voorwerp; die doel is slegs dekoratief
Ornamentering: die aksie om suiwer dekoratiewe detail of ontwerp aan geboue, meubels, lap, ens. aan te bring P Patroon: vorms, lyne, ens. wat reëlmatig herhaal word
Perseptueel: rakende die visuele, hoe iets waargeneem en voorgestel word
Perseptuele vaardighede: die vlak van vaardigheid waarmee jy die dinge om jou waarneem; vlak van bewustheid
Perspektief: stel die 3D-kwaliteit van ’n voorwerp, gebou of ruimte op ’n 2D-oppervlak voor.
Lineêre perspektief: gegrond op die waarneming dat dit lyk of parallelle lyne op die horison by een of twee verdwynpunte ontmoet. Voorwerpe word kleiner namate dit verder weg beweeg.
Lugperspektief: (atmosferiese perspektief) wanneer die atmosfeer vorms en kleure in die verte versag. wanneer jy naby ’n boom is, kan jy die individuele takke en blare sien. op ’n afstand lyk dit of dinge saamvloei
Piktogram: ’n simbool wat ’n idee of konsep, voorwerp, aktiwiteit, plek of gebeurtenis voorstel
Pilaar en latei (balk): die eerste konstruksiemetode wat in die wêreld ontwikkel is, om ’n latei (balk) as die horisontale deel bo-oor ’n ruimte te gebruik en dit met twee vertikale pilare te steun
Plasties: die eienskap van ’n materiaal as dit gevorm kan word sonder om massa by te voeg of te verwyder
Polichromaties: veelkleurig
Politeïsme: die aanbidding van of geloof in meer as een god. Monoteïsme is die geloof in een god.