Die Mboom-helmmasker, 19de eeu Die Mboom-masker is afomstig uit Zaïre in Sentraal-Afrika en is 30cm hoog. Dit is uit hout gekerf om oor ’n kop te pas. Dit het ’n prominente voorkop en verteen- woordig dalk ’n voorvader uit die oertyd wat ’n inisiasieseremonie sou bemagtig. Die oppervlak is belê met geometriese patrone. Op die kakebeen word lynskulpe met krale gekombineer. Die oë is versteek agter ’n strook krale en krale beeld die neus en lippe uit. Die agterkant van die masker is ook versier omdat dit ’n helm vorm.
DIE MBOOM HELMMASKER, 19DE EEU
D’Mba- of Nimba-hooſtooisel, Baga-stam, Guinee D’mba-maskers verteenwoordig ’n ideale beeld van ’n vrou wat die hoogtepunt van haar mag bereik het. Die masker verteenwoordig goedheid en lig. Wanneer die masker in ’n dans gebruik word, moedig D’mba moeders aan om die krag te hê om kinders te kry en hulle tot volwassenheid groot te maak. Om hierdie rede, is die D’Mba gedans tydens troues en dankseggingseremonies. Die sterk manlike dansers het hierdie struktuur hoog op hulle koppe en hulle skouers gedra, bygestaan deur vier steunstukke. ’n Volledige kostuum van raffia en tekstiele wat die heupe beklemtoon het, het die dansers weggesteek wat deur twee gate tussen die borste kon sien.