24 5 Komposisie en die beginsels van komposisie/ontwerp ORGANISEER DIE ELEMENTE
KOMPOSISIE Komposisie is die samevoeging van die kuns-elemente om ’n bevredigende geheel te skep. Die rangskikking van kleure, vorms, ens. moet visueel ’n bevredigende of stimulerende geheel vorm. Die eindresultaat van die rangskikking van ’n tekening, skildery of beeldhouwerk word ’n komposisie genoem.
Komposisie is baie belangrik tydens die skep van kunswerke en bepaal dikwels die sukses van die kunswerk.
As ons na hierdie skildery deur raphael kyk, bewonder ’n mens sy gebruik van vorms, kleur en ruimte. Maar dit is die manier waarop hy hierdie elemente organiseer (die komposisie) wat dit ’n bevredigende geheel maak. Die komposisie is gebaseer op onderliggende geometriese vorms wat ’n gevoel van stabiliteit en orde skep.
’n Komposisie word oor die algemeen in drie vlakke verdeel. Die voorgrond van ’n komposisie is die visuele vlak wat blyk of dit die naaste aan die kyker is terwyl die agtergrond die vlak in ’n komposisie is wat lyk of dit die verste van ’n kyker af is. Die middelgrond is die deel tussen die voor- en agtergrond.
Wat dink jy is die fokuspunt van hierdie werk?
Merk die voorgrond, middelgrond en agtergrond in hierdie skildery.
WOORDELYS
Die area van belangstelling, waarheen die kyker se oog getrek word, word die FOKUSPUNT genoem. Die kyker se aandag word daarheen getrek omdat die lyne van die komposisie na dié fokuspunt lei of omdat dit die helderste deel van die skildery is, ens.
VISUELE KUNSTE 2011
RAPHAEL, THE ENGAGEMENT OF THE VIRGIN, 1504. OLIE EN TEMPERA OP PANEEL.